Hard newsLocal newsNews

Suikerboere op gereedheidsgrondslag oor vernietigende wurmplaag

Spanne van die Suid-Afrikaanse Suikerriet-navorsingsinstituut is op 'n gereedheidsgrondslag geplaas om op te tree in die geval van 'n moontlike besmetting van suikerriet-aanplantings.

MBOMBELA – Die herfskommandowurm en die verwoesting wat dit saai, is deurdringend deur Desiree van Heerden, tegniese gewasdeskundige van Syngenta Suid-Afrika ondersoek.

Sy het genoem dat daar nog geen rekord is van enige aanvalle op suikerriet nie. Dit is wel op droë bone en sojabone in die Dullstroom-omgewing bemerk.

Sy  verduidelik dat die wurm wel ook in die Mbombela-omgewing sowel as in ander gebiede van Mpumalanga reeds verwoesting gesaai het.

LEES meer oor die regering se planne met die wurm

Gebiede waarin die voorkoms bevestig is: Mashishing, Schoemanskloof, Hendrina, Middelburg, Piet Retief, Komatipoort, Strydomblok en Driefontein.

Volgens Van Heerden is dit ook in die Hoedspruit-omgewing ‘n reuseprobleem op die suikermielies. Sy sê dit is slegte nuus vir die Laeveld. Herfs is steeds warm en dra tot die voortbestaan van die wurm by.

“In kouer dele neem die omvang van die plaag reeds af maar omdat die Laeveld steeds warm is en vir ‘n ruk nog so gaan bly, gaan die plaag nie werklik afneem nie. Die wurm gaan ook nie in die winter in die Laeveld uitsterf nie. Dis te warm.”

 

Boere kan hulle navrae aan Laeveld Agrochem se noodnommer by 060-458 8483 rig. Meer inligting is op www.daff.gov.za te kry. Om enige voorkoms aan te meld, skakel 012-319-6384.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button