Herdenk hierdie naweek een an SA se mees suksesvolle veldslae
Die destydse hoof van die weermag, genl. Constand Viljoen gaan ook teenwoordig wees.
Die MOTHS van die Mpumalanga Bomgat in die dorp nooi alle belangstellendes en oudgediendes op
4 Mei na ‘n spesiale herdenking van die meer onlangse oorloë, veiligheidsoperasies en militêre veldslae in die Suid-Afrikaanse krygsgeskiedenis.
Die destydse hoof van die weermag, genl. Constand Viljoen gaan ook teenwoordig wees.
Ofskoon die MOTH-organisasie ‘n broederskap van oudsoldate en gediendes eintlik sy beslag na die Tweede Wêreldoorlog gekry het, is daardie oorspronklike manne nou nie meer in ons midde nie.
“Vandag se lede is manne wat in die latere grensoorloë betrokke was. Selfs die jongste onder hulle vat-vat nou al so aan 50 jaar,” sê woordvoerder van die Bomgat, Tinus Botha. Dit is ook ‘n geleentheid vir die jonger manne met ‘n belangstelling in die krygskunde om nog eerstehands met oudsoldate kontak te maak.
Die fokus val vanjaar op die suksesvolle aanval op Cassinga en word opgedra aan die Suid-Afrikaanse valskermsoldate. In daardie stadium was dit die grootste lugoperasie wat die Suid-Afrikaanse Weermag nog uitgevoer het.
Die aanval op Cassinga, ‘n Swapo-hoofkwartier 250km binne Angola was op 4 Mei 1978. Aanstaande jaar sal dit 40 jaar gelede wees.
Dit was voor die onderhandelde onafhanklikheid van Namibië. Swapo met sy gewapende eenheid, Peoples Liberation Army of Namibia was toe nog ‘n vyandige Angolese en Kubaans ondersteunde terroristegroep. Suidwes-Afrika was destyds nog onder Suid-Afrikaanse beheer.
Bevestig vooraf jou teenwoordigheid by PG Joubert by 083-255-9621 of Tinus Botha by 079-697-9514.
