Local newsNews

Gumede onttrek sy borgskap aan klub

Die bekende miljardêr, mnr. Robert Gumede het na verskeie jare se ondersteuning aan Nelspruit Gholfklub, sy borgskap onttrek.

MBOMBELA – Klubpresident, mnr. Ralph Kirsten het gister aan Laevelder bevestig dat Gumede nagegoeg R1 miljoen se borgskap “weens persoonlike redes” gestaak het.

Hy was vir verskeie jare ‘n goeie vriend van die klub, maar is geregtig om dit te kanselleer. Ons is hartseer om dit te verloor,” het Kirsten gesê.

Gumede was as jongman ‘n joggie by die gholfbaan. Die ontrekking raak die borgskap van die Jock-gholftoernooi wat jaarliks spelers van regoor die land lok. Dié week lange toernooi het Sondag afgeskop.

Hy het ook bevestig dat Gumede die klub versoek het om sy naam van die laaste nege putjies te verwyder, waar dit al ‘n geruime tyd gepryk het.

Also read: UPDATE: One lion darted, four still on the loose

Kirsten wou nie op die aard van Gumede se persoonlike redes kommentaar lewer nie. Laevelder het egter vroeër berig dat die borgskap in die gedrang kon kom weens die klub se hantering van ‘n beweerde rassistiese voorval tussen klublede in Oktober verlede jaar.

Tydens die voorval is ‘n jong opkomende professionele speler, mnr. Jabulane Mabilane na bewering deur vier wit mans aangerand. Twee van die lede is na ‘n ondersoek vir 18 maande uit die klub geskors. Dié maatreël is egter vir twee jaar opgeskort.

Also read: Suicidal man rescued twice from hospital roofs

Mabilane het intussen na bewering na Johannesburg verhuis om sy gholfloopbaan daar voort te sit.

“Dit raak ons nie,” het Kirsten daaroor gesê. “Ons is net die komitee wat volgens die klub se grondwet werk.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button