Local newsNews

Sprokiesrevue ontsluit ‘n wonderwêreld

Die skool wil elke ouer en lid van die personeel bedank vir hulle hulp tydens die revue.

Laerskool Numbi se sprokiesrevue van verlede week was ‘n reusesukses, met ‘n saal wat elke aand stampvol was met ouers en familie.

Weke se voorbereiding het alles in plek geval en die onderwysers het elke leerling fraai aangetrek. Elkeen het ‘n tema gehad waarvolgens hulle gedans of ‘n storie uitgebeeld het.

Die onderwysers het ook hul verskyning aan die einde van die vertoning gemaak, met ‘n voorstelling van die Grafsteensangers wat die gehoor laat skater het.

Vrydagaand is eregaste genooi om die revue by te woon asook ‘n driegangmaaltyd wat deur G’s Bistro bedien is, te geniet.

Die skool wil elke ouer en lid van die personeel bedank vir hulle hulp tydens die revue.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button