Local newsNews

By Innibos loop jy nie huistoe nie, jy rol

Kyk, op die feesterrein lyk en ruik die een happie lekkerder as die ander. Maar hoe besluit jy waaraan jy vandag gaan smul? 

Belgian Waffles
Laat ons met ietsie soets begin. By die Belgian Waffle-stalletjie net voor die kykNET-tent, oorkant ‘n paar klerestalletjies kry jy die immergewilde wafels op ‘n stokkie, met heerlike sjokolade sous, of strooisuiker. Die keuse is joune.

Café Café
Vir die allerheerlikste, vars geperste vrugte en groente sappe, is dié stalletjie oorkant die ingang van die kykNET Bioskoop die plek vir jou. Kyk uit vir die mense in oranje.


Griekse Boertjie
As jy dink jy het al ‘n lekker shwarma geëet, het jy nog nie Glen s’n geproe nie. As jy nie die stalletjie kry nie, sal Glen jou kry. Hy staan daagliks gereed met ‘n bord vol proeseltjies. Sy stalletjie is oorkant die ingang van die kykNET Bioskoop.

Cantina-Mexican-cuisine
Hulle is oorkant die ambulans en brandweerwa. Maar moet jou nie bekommer nie, die kos is nie so warm dat jy hulle mag nodig hê nie. Miskien sal jy, wie weet. Maar as jy van kos met ‘n byt hou, gaan na dié stalletjie waar jy die ware Jakob in Meksikaanse kos kry.


 Also read: Die Innibos-fees bied vanjaar ‘n crawl vir ieder en ‘n elk

Lilly J’s River Café
Die stalletjie behoort aan Lilly Garth en Thomas Smitherim wat van die Vrystaat afkomstig is, maar in seekos spesialiseer. Kry vir jou ‘n seekossosatie, calamari, vis en tjips of ‘n verskeidenheid slaaie – loop ‘n entjie verby die bioskoop na die klerestalletjie of kykNET-tent, verby die Meksikaanse stalletjie, op jou linkerkant. Jy sal die geel ligte nie mis nie.

Dick se Spitbraai
Dick se skapie is die hele dag oppie spit. Muskiet het 10:00 daar verbygeloop en weer 16:00 om ‘n stukkie te proe. Dít was die moeite werd. Kom kry vir jou ‘n Pork roll lamb salad of ‘n Lamb on a roll. Jy sal hulle maklik kry, volg net die reuk.

Bez’t Potjie
Stop en proe ‘n potjie. Dis wat Quintus Bezuidenhout sê as jy verby hulle stalletjie loop – proe. Dis heerlik. Die drie Bezuidenhouts, Ma, Anne-Mari en kinders, Sonet en Quintus, bring hulle potjie al die pad van Alberton in Johannesburg se Oosrand.

Also read: Innibos gaan ‘n trappie verder met aanlynwinkel

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button