Local newsNews

Pa staan sy vrou ook aan die dood af

"Jy was my maatjie, my beste vriend, my sielsgenoot."

Die bykans ondenkbare het ‘n gewilde veldgids getref toe sy vrou skaars twee jaar na die selfdood van hulle enigste dogter Laurine, vroeër die maand ook oorlede is.
Mnr. Donnie (PG) Joubert se vrou,  Lilo is op die ouderdom van 50 dood weens komplikasies na ‘n knieoperasie, waarna ‘n bloedklont gevorm het. Sy is in Witrivier gebore en het haar skoolloopbaan by Laerskool Witrvier en Hoërskool Rob Ferreira voltooi.
“Ek het haar reeds tydens ons skooldae geken en het haar later weer as joernalis raakgeloop toe ek ‘n storie by ‘n VLU-vergadering moes doen. Sy was een van die beoordeelaars. Ek onthou nog hoe ek opgedaag het met ‘n jean, Hang Ten-plakkies, ‘n ellelange poniestert, en haar genooi het vir ete,” sê hy.
Hulle verhouding het weer vlam gevat en in 1996 is hulle getroud. “Jy was my maatjie, my beste vriend, my sielsgenoot, my vertroueling en my vrou. Wat ‘n voorreg om ‘n wonderlike 21 jaar saam met jou te kon deel. Jy was vir my volmaak in alle opsigte,” sê hy.
Lilo was teen tye van haar dood, die menslike hulpbronnebestuurder van Vodacom Mpumalanga en het onder meer haar honneursdgraad in huishoudkunde asook menslike hulpbronnebestuur voltooi. “Niemand kon kosmaak soos sy nie,” sê PG.
“Ons berus ons as diensknegte van die Allerhoogste, by sy besluit. Ons weet dat jy by Hom en ons dogter is. Jy het elke dag stil oor Laurine gerou en baie sielspyn ervaar.
“Jy is nou toegevou in sy onpyl-bare genade, liefde en volmaakte vrede. Rus sag my vrou, vriendin, kollega en mentor.
“By Hom is ‘n sekonde soos ‘n duisend jaar en ‘n duisend jaar soos ‘n sekonde. Ons kan nie wag vir ons herontmoeting nie.”
PG sê dat hulle die volgende teen die kennisgewingbord in Lilo se kantoor by die werk gevind het. “Tipies Lilo – ‘n Geduldige mens het meer waarde as ‘n bedrewe vegter; ‘n mens met selfbeheersing, meer as iemand wat ‘n stad inneem. Spreuke 16:32.”

Also read:

A wonderful evening tribute to the legendary Cat Stevens’ wild world

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button