Local newsNews

Versamel 90 jaar van Old Joe – Slegs in Laevelder

Die regop klip by Patattanek langs die N4 op pad na die Laeveld is al 90 jaar 'n bekende gesig.

MBOMBELA – Vir dekades dring kinders daarop aan dat gesinne liewer deur Schoemanskloof moet ry om te sien hoe Ou Joe lyk.

Van aanstaande maand af kan die jongspan ook elke uitgawe van Laevelder begin dophou en soek na 26 verskillende afbeeldings van Ou Joe soos hy oor die jare gelyk het. ‘n Mooi versameling verskyn op Vrydag 4 Agustus in die koerant.

Dié langwerpige klip is vernoem na ‘n vroeë padbouer, Johannes of Joe Barbas en is so regop staangemaak tydens die bou van die eerste nasionale pad van Pretoria na die ou Lourenco Marques in 1927. Destyds is sulke regop klippe as veiligheidsweering geplant en wit gekalk waar daar gevaarlike hellings was.

Omdat die klip veel langer was as die ander, het die padbouers destyds dit grappenderwys die naam van Joe, die baas gegee.

Hier in die vyftiger jare was dit maj. Claude Graham van Witrivier met sy kinders en hulle maats, wat begin het om die klip soos ‘n mannetjie te verf. Aan die begin was dit sommer padverf en was sy swart dassies ‘n kenmerk van Ou Joe.

Later het die inwoners van die omgewing hom meer gereeld met gekleurde emaljeverf, dikwels die kleure van plaaslike of provinsiale rugbyspanne wat gewen of ondersteun is, getakel.

Deesdae is dit TRAC, die N4-padkonsessiehouers wat ‘n oog oor die landmerkmannetjie hou en word die professionele dienste van die handelskunstenaar, Wouter de Wit, ook bekend as Ghost, gebruik om Old Joe te verf na gelang van gebeure wat belangrik vir die streek of land is.

Hou hom dop, want teen die einde van die maand gaan ‘n baie spesiale Ou Joe self Laevelder en TRAC se versamelprojek bekend stel.

Twee vroeë verfuitstappies na Ou Joe deur maj. Claude Graham en die kinders van Witrivier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button