Local newsNews

Basaar beloof om ‘n groot treffer te wees

Die optog begin om 09:00 en die kerk nooi almal met interessante voertuie om dit mee te maak. Twee- en driewiele, spogmotors, kabriolette, trekkers en trokke is almal welkom.

LYDENBURG – Die NG Moedergemeente se jaarlikse basaar vind hierdie naweek plaas en beloof om weer ‘n treffer te wees.Verrigtinge begin al Vrydag om 17:00 met ‘n heerlike braaivleis wat sosaties, skaaptjops, wors, pap, tuisgebakte brood en konfyt insluit. Daar kan saam met die gemeente om die braaivleisvure gekuier word, anders kan bestellings geplaas en die kos afgehaal word. Braaivleisgangers moet net hulle eie eetgerei en knertsies saambring. Die kerk verskaf die vure, tafels en musiek.Saterdag is die optog van wiele van die museum af tot by die kerk. Dit is ‘n motorskou wat jaarliks groot aftrek geniet. Die optog begin om 09:00 en die kerk nooi almal met interessante voertuie om dit mee te maak. Twee- en driewiele, spogmotors, kabriolette, trekkers en trokke is almal welkom.

By die kerk aangekom sal ‘n ordentlike boere-ontby die basaar inlei. Aan eetgoed gaan daar natuurlik geen tekort wees nie en die tafels gaan oudergwoonte onder die kerrie-en-rys, vetkoek, boereworsrolletjies, koffie, biltong, beskuit, vleis en wildspasteie kreun.

‘n Groot koekstalletjie met heerlike tuisgebak en ‘n lekkergoedtafel gaan onweerstaanbaar wees vir kinders en almal wat van ‘n ou soetigheidjie hou. Al die treffers van heerlike onthoukos maak van dié basaar altyd ‘n gunsteling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button