Local newsNews

Twee verdagtes verskyn in hof vir alkoholdiefstal

Hulle het glo R800 000 se alkohol gesteel.

MBOMBELA – ‘n Man wat ‘n magdom alkohol by ‘n kettingwinkel se verspreidingsentrum wou steel, is Saterdag op heterdaad betrap.
CSG High-Tech Lowveld se Callum MacPherson het aan Laevelder gesê dat een van die sekuriteitsmaatskappy se spanne op hom afgekom het terwyl hy besig was om SPAR Lowveld se verspreidingsentrum te verlaat.

Die vragmotor wat hy bestuur het was met stapels drank gelaai – ‘n volle  R800 000 daarvan. MacPherson het bevestig dat die man gearresteer is.


“Dit was die gevolg van ‘n operasie wat steeds voortgaan,” het hy gesê. Juis daarom wou MacPherson geen verdere besonderhede aan die koerant verskaf nie.

Die stad se polisiewoordvoerder, kapt. Dawie Pretorius, het gesê dat twee van die verspreidingsentrum se werkers in verband met die voorval in hegtenis geneem is.

Hulle sou gister in die Nelspruit Landdroshof verskyn op klagtes van diefstal. Die uitslag van hul hofverskyning was nie teen druktyd beskikbaar nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button