
Stylvolle wynproegeleenthede word al hoe meer algemeen in die stad. Dit het heerlike mededinging tussen verskillende organiseerders teweeggebring, tot die fynproewers se voordeel en genot. Vrydagaand was geen uitsondering nie en Laevelders het Makro se jaarlikse wynskou by Emnotweni in groot getalle ondersteun.
Hulle is aan nuwe smake en versnitte voorgestel en vele is met ‘n bottel of vier van hul gunstelinge onder die arm daar weg.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

