Plaaslike filmster bekroon as fliek-akteur van die jaar
Francois Jacobs is vandag bekroon as die wenner van dié jaar se Huisgenoot Tempo Toekenning vir fliek-akteur van die jaar.
Laevelder het minute nadat die plaaslike filimster uitgevind het dat hy die wenner van hierdie jaar se toekenning is met hom gesels.
“Ek weet nog eintlik glad nie hoe ek voel nie, dit het as ‘n reuse verrassing gekom,” het Jacobs gesê wat die rol van Sampie du Toit in die filim Vir die Voëls vertolk, die eerste hoofrol in sy filimloopbaan.
Jacobs sê dat dit vir hom ‘n reuse voorreg is om te weet dat hy so hoog geag word vir sy vertolking van verskeie filimrolle.
“Ek dink mense het besef dat ek meer as net ‘n grapjas kan speel en dit beteken vir my regtig baie dat hulle my diversiteit as akteur deur die toekenning bevestig.”
Jacobs is tans hard aan die werk en vertrek binnekort na Kaapstad om in die toneelstuk Nag van Legio by die Artscape teater op die planke te bring.
Hy was al ook te sien in die filims; Nul is nie niks nie en Agent 2000 om net ‘n paar te noem.
https://www.facebook.com/huisgenoot/videos/10155005296820222/
