Bergvlam haal sy hoed af die vir 2017 matriekklas
Die skool het ‘n 99% slaagsyfer en is baie trots op elke leerder wat baie hard gewerk het om hierdie prestasie te behaal.

MBOMBELA – Hoȅrskool Bergvlam se matrieks het in 2017 weer eens uitstekend gevaar. Die skool het 197 gr. 12-kandidate gehad. Hierdie leerders her die loop van hul hoërskoolloopbaan deurgans ‘n hoë akademiese standaard gehandhaaf.
Die skool het ‘n 99% slaagsyfer en is baie trots op elke leerder wat baie hard gewerk het om hierdie prestasie te behaal,” het die hoof, Annemarie Kleynhans, gesê. “Ons kan voorwaar die hoed lig vir hul deursettingsvermoȅ en ywer.” Kobus de Jager en Sally Etsebeth het elk sewe onderskeidings gekry. Sally is ook aangewys as die leerder met die hoogste punte in wiskunde geletterdheid in Mpumalanga. Minette van Rooyen, Christelle Vermeulen en Karen Chikwanha het elk vyf onderskeidings gehaal.

“Dit was met ‘n warm gevoel in die hart dat die personeel in die vreugde van hierdie matriekgroep kon deel toe hulle hul uitslae by die skool kom afhaal het,” sê Kleynhans. “‘n Hele aantal leerders het onder moeilike persoonlike omstandighede hul finale eksamen aangepak. As gevolg van hul deursettingsvermoȅ het hulle nooit moed opgegee nie, en kon dus die vrugte pluk van hul gefokusde ywer.”

“As uiters suksesvolle dubbelmedium multikulturele skool, staan Hoȅrskool Bergvlam meer as sy plek vol om afgeronde jongmense die lewe in te stuur, gereed vir elke uitdaging wat die lewe hul bied.”Hoȅrskool Bergvlam brand voorwaar met trots, wetende dat hierdie groep jongmense ‘n sukses van hul toekoms sal maak.”
