Local newsNews

Laevelders ry water aan Kaap toe

Dit is 'n druppel in die spreekwoordelike emmer, maar elke druppel help.

MBOMBELA – ‘n Vrag van 2 000 liter water is na Kaapstad onderweg nadat Laevelders hulle harte behoorlik oopgemaak het.
Die eerste vrag is gister na Johannesburg afgevoer, waarna dit in die Wes-Kaap se behoeftigste gebied versprei sal word. Nog 500 liter is reeds geskenk.
Big Foot Express, ‘n plaaslike vervoermaatskappy het verlede week ‘n inisiatief van stapel gestuur om ook op klein skaal verligting te probeer bring.
Dit is ‘n druppel in die spreekwoordelike emmer, maar Chris Labuschagne, takbestuurder van Bigfoot Express is van mening dat elke druppel help.
Labuschange en sy span bied Laevelders die geleentheid om verligting te bring deur geseëlde waterbottels van vyf of 25 liter aan die Kaap te skenk.
Water kan by Eenheid D2, Rapidstraat, Waterfallpark, Riverside Nywerheidsgebied afgelewer word. Vir meer inligting, skakel 013-753-3325.

Dra só by die tot die Kaap se droogtekrisis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button