Local newsNews

Speletjies sorg vir skaterlag onder seniors

Lede van Argentum Corona se kreatiwiteit en humorsin tydens verskeie speletjies het verlede Donderdag vir groot pret gesorg.

MALALANE – Dit was verlede Klouter Kabouter se beurt om die senior burgers van Malalane, Hectorspruit en Marlothpark tydens hul tweeweeklikse kuier te vermaak en Wilma Wolmarans het die groep in verskeie speletjies gelei.

Die geleentheid is in die NG Kerk se saal aangebied en die groep is met ondersteuning van kleuterskoolouers, op ‘n heerlike ete getrakteer.

Wolmarans het die bejaardes vertel dat die skooltjie vanjaar 21 jaar oud is en dat dit elke jaar lekker is om saam met die seniors te kuier.

LEES NOG: Kabouters bederf graag bejaardes

Sy het daarna uit die Bybel gelees en die gaste herinner dat hulle name in God se handpalm gegrafeer is. “Ons moet weer besef hoe kosbaar ons vir God is. Maak nie saak wat gebeur nie, God sal ons bewaar,” het Wolmarans vertel en aan elkeen ‘n boekmerk met die dag se boodskap gegee.

Papier, inkleurkryt, wol en skêre is uitgedeel en elke tafel moes ‘n prentjie met verskeie komponente voltooi.

Die lede se kreatiwiteit en interpretasie van elke onderwerp het vir baie gelag gesorg. Daarna is hul skattings- en optelvermoë getoets en die wenners van elke speletjie het ‘n soetigheid as prys ontvang.

Lede kon daarna hulle lief en leed deel en Klouter Kabouter is vir hul moeite bedank, voordat die byeenkoms met die ete afgesluit is.

LEES NOG: Malalane se senior burgers vier die liefde

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button