Terugblik op Middelburg se rol in Boereoorlog
Die klem sal wees op die rolle wat Jack Hindon, Dirk Slegtkamp en die bekende pastorie-egpaar Burger tydens die oorlog gespeel het.
Die Anglo-Boereoorlog-studiegroep hou Saterdag 21 April ‘n studiedag met die titel: Middelburg in en om die Anglo-Boereoorlog.
Die dag begin om 08:30 in die NG Kerksaal (Witkerk) in Middelburg en die program word ingelei met ‘n oorsigaanbieding: Die Chronologie van Middelburg in en om die Oorlog.
Lees ook: VIDEO: CIT robbers hit Fidelity vehicle in Mbombela
Daarna kom Albert Jansen aan die beurt met ‘n analise: Hindon en Slegtkamp – die Mense, wat fokus op hul persoonlikhede soos weerspieël in hulle dagboeke en ander publikasies.
Dit word opgevolg met die Laeveldse geskiedskrywer, Tian Schutte se bespreking: Hindon, Slegtkamp en SPE Trichardt as verkenners en treinvernielers van formaat in die Middelburgomgewing.
Die oggend word afgesluit deur Theo Ligthelm met ‘n aanbieding: Ds. en Mev. Burger in en om die Oorlog – ‘n Waardeskatting.
Lees ook: CIT heists on the increase in the Lowveld
Na ‘n ligte middagete volg besoeke aan die Slegt-kampwoning, interessante oorlogsverwante grafte en die ou begraafplaas, ‘n topografiese oorsig van die terrein soos gereflekteer in die Epstein-poskaart oor die militêre situasie in Middelburg.
Schutte sluit die dag af met ‘n oorsig op terrein by Panstasie van die stasieaanvalle en die buit van die Krismistrein. Koste beloop R150 per persoon vir die hele dag, wat die spyseniering insluit.
Lees ook: ‘A medal would have been special’
Stuur asseblief ‘n e-pos aan theo@crisismedicine.co.za met jou naam, e-posadres en selnommer indien jy belangstel om die dag mee te maak of vir enige navrae.
