The Great Nelspruit Post Pub Crawl – The Pub
The Pub is een van agt kuierplekke wat aan vanjaar se geleentheid deelneem.
The Pub het 18 jaar gelede vir die eerste maal sy deure in Mbombela geopen.
“Ons spog met lekker boerekos soos mieliepap en afval. Hier tree ook gereeld kunstenaars op en dit is ‘n groot trekpleister vir ons klante,” sê eienaar Ettiene Coetzee. Op 11 Mei tree die immergewilde Jan Blohm ook by The Pub op. Kaartjies kos R120 per persoon en daar is slegs ‘n beperkte aantal beskikbaar.
Lees ook: The Great Nelspruit Post Pub Crawl – Corporate Team
“Ons het ook lekker spesiale aanbiedings soos slegs R25 vir ‘n dubbel Klipdrift en Coke. Klipdrift is ‘n gunsteling hier by ons.” The Pub bou ook ‘n nuwe speelarea vir die kinders en verhoog wat gereed sal wees teen die tyd van The Great Nelspruit Post Pub Crawl. “Ons is al van die begin af deel van hierdie geleentheid en sien elke jaar uit daarna.”
Navrae: Ettiene by 084-897-6000 of The Pub Nelspruit op Facebook.
Lees ook: The Great Nelspruit Post Pub Crawl – Corporate Crawl Challenge
