Hard newsLocal newsNews
Pappa-bere word deur klein beertjies verras
Elke kleuter het ‘n handgemaakte kaartjie opgetower om saam met die geskenk oorhandig te word.

Beertjie Skool se kleuters het Vadersdag baie ernstig opgeneem en het die hele week vooraf gewoel en gewerskaf om geskenkies vir hulle pa’s te maak.
Met die hulp van hul juffrou, Wietske Botha het almal oulike sleutelhouers gemaak wat met knope versier is.
Elke kleuter het ook daarna ‘n handgemaakte kaartjie opgetower om saam met die geskenk oorhandig te word.
Die kinders kon dit die Vrydag huis toe neem, net betyds om dit op 17 Junie, Vadersdag, vir hulle pa’s te gee om te wys hoeveel hulle waardeer word.
Hier is Bismarck Bronkhorst, Leoney van Loggenberg, Zea Prinsloo en Divan van Staden
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
