Hard newsLocal newsNews

Gholfspelers help Rustig om aan behoeftes van bejaardes te voldoen

Die dag was ’n groot sukses en sowat R80 000 is tot die koffers gevoeg word.

Rustig Ouetehuis het onlangs hulle jaarlikse gholfdag gehou om geld vir die tehuis in te samel.

Die dag was ’n groot sukses en sowat R80 000 is tot die koffers gevoeg word.

Daar was 118 spelers wat deelgeneem het, ’n gesonde deelname aangesien dit op ’n Vrydagmiddag geval het.

Hannatjie Douglass, die voorsitter van die tehuis se diensbestuur, sê dat hulle baie dankbaar teenoor die borge, spelers en plaaslike ondernemings is vir die ondersteuning. “Daarsonder sou ons nie aan al die behoeftes van die inwoners van Rustig kon voldoen nie.”

Die wenners van die dag was Arthur Douglass en Johan Ferreira.

Hulle het onderskeidelik naweekpryse by Bundu Lodge en Sabaan, naby Hazyview, gewen.

Daar is ook ’n veiling gehou met ’n naweek op ‘n wildsplaas, geskenk deur Barry Jacobs, as prys.

Build It in Witrivier het ook ‘n kruiwa gegee waarin skenkings van wyn, bier, ander drank, biltong en droëwors geplaas is. Dit is eers uitgeloot, maar nadat die looitjie ’n tweede keer getrek en elke keer deur die wenner teruggegee is vir ’n volgende trekking, uiteindelik ook opgeveil.

’n Verdere aansienlike bedrag is toe daarvoor betaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button