Hard newsLocal newsNews

Kenner praat oor gevolge van skietlustigheid

Wat is die gevolge van die afvuur van 'n vuurwapen in 'n beboude gebied?

MBOMBELA – Na afloop van ‘n hond wat Vrydagmiddag in ‘n gesogte sekuriteitskompleks in Melkwegstraat, Tussenberge,  geskiet is, het kapt. Ronel Bekker verduidelik dat die skieter se dade, groot gevolge kan inhou.

 

Bekker is die hoof van vuurwapens by die Nelspruit Polisiestasie. Sy verduidelik dat die vuur van enige vuurwapen in ‘n stedelike gebied, onwettig is mits die skieter se lewe in gevaar is. “In ‘n geval soos dié van Saterdag, kan die molesmaker ernstige gevolge in die gesig staar.”

• ‘n Klag van dierebemishandeling

• ‘n Klag vir die afvuur van ‘n vuurwapen in ‘n beboude gebied

• Die verlies aan bevoegthied om ‘n vuurwapen te hanteer.

Bekker verduidelik dat hangende ‘n ondersoek, die vuurwapen ingehandig sal moet word en sy lisensie vir tussen vyf en 10 jaar, opgeskort kan word.

“Die skuldige mag dalk nooit weer ‘n vuurwapen hanteer nie,” het sy gesê.

Lees ook: Community police forum meeting highlights the use of firearms

Lees die oorsprnklike storie hier: Troetelhondjie in spogkompleks geskiet

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button