Local newsNews

VOORSKOU: Veelsydige vrou is deur en deur ‘n vegter

Mirandi Bekker het al bykans elke rol wat 'n vrou kan speel in haar 39 jaar vervul. Sy was al 'n noemenswaardige rebel, 'n onvrugbare vrou wag smag na kinders, 'n ma, 'n eggenote, 'n floater, 'n gedrewe student en 'n drawwer. Sy is 'n dogter, 'n sussie, 'n tante en 'n goeie vriendin.

MBOMBELA -Mirandi Bekker is tans ook ‘n driekampatleet, voorsitter van LVCC-hardloopklub, en uiteindelik ‘n prokureur.
Dit het haar sewe jaar geneem voor sy in Januarie as prokureur toegelaat en haar droom verwesenlik is. Dit was wel nie altyd haar droom nie. Na skool wou sy bloot niks word nie. Vir werk was sy egter nooit bang nie.

Sy het eers by ‘n bank gaan werk. Na haar troue met Fanie in 2003 het sy as ‘n tikster by ‘n plaaslike prokureursfirma ingeval. Sy het later by Colin Zietsman aangesluit en het 13 jaar lank vir hom gewerk, tot hy in Desember 2016 geëmigreer het. Hy het haar geïnspireer om te kwalifiseer.

ALSO READ: UPDATE: Circumstances surrounding attack on Uitkyk still a mystery

“Hy het nogal vir my gesê dis die slegste idee,” onthou sy. Mirandi het egter nie ‘n oomblik se berou nie… Oor niks nie.
Intussen wou sy en Fanie ‘n baba hê. Om te help deur stres te vermy, het sy twee jaar van haar studies afgeneem om in vitro-bevrugting te ondergaan.

LEES MEER in druk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button