Local newsNews

Foto’s en Video: Kyk net hoe skitter hierdie sterre op die kassie

Die skool is uit 56 skole gekies om Uitblinkers-opnames vir dié reeks van kykNET te skiet.

Laerskool Witrivier se uitblinkers is een van die dae weer op die kassie te sien.

Die skool is uit 56 skole gekies om Uitblinkers-opnames vir dié reeks van kykNET te skiet.

Verlede Vrydag het aanbieder Anthonie Bougas en sy tegniese span met kameras en mikrofone op die skool toegesak en die skoolhoof, sowel as talentvolle leerlinge moes bontstaan om hulle beste voetjies voor te sit.

Nadat beeldmateriaal van die skoolterrein en klasse die oggend opgeneem is, het kore en ander uitblinkers die aand nadergestaan om aan die konsert, waar 12 items opgeneem is, deel te neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button