Local newsNews

Kyk hierdie lente na jou katjies

Talle katjies beland in bokse langs die straat gedurende die lente.

MBOMBELA – Mariette “Mamma Kat” Verryn se hart breek elke lente wanneer sy sien hoedat mense bokse met katjies langs die pad los.

Verryn is die eienaar van Lincoln Motors en jaar na jaar bring haar joggies vir haar bokse met weggooikatte om groot te maak. “Maar ek het regtig nie meer plek nie en dit kos ‘n klomp geld,” verduidelik Verryn. Sy steriliseer die katte self en probeer self vir hulle huise soek.

Die afgelope drie weke het daar al 10 katte by haar opgedaag. “Dit gebeur elke jaar hierdie tyd. Dit is wreed om hulle daar te los. Hulle kan doodgaan,” sê Verryn.

LEES OOK: Celebrate International Cat Day at a local organisation

Sy moedig mense aan om hulle katte te laat steriliseer of die katjies eerder by die DBV of die plaaslike veearts te gaan aflaai.

“My hart breek elke keer,” sê sy en bieg dat sy ook verantwoordelik is vir die voer van die katte by Mica en Woolworths. Indien enigiemand een van die katte wil aanneem, kan hulle Verryn skakel by 013-741-2025.

LEES OOK: Cats Ask Some Burning Questions

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button