Local newsNews

Helpende Hand samel fondse in om Laeveldse kind te help studeer

Dit was 'n heerlike naweek van braai, visvang, pret en plesier in die natuur toe Solidariteit Helpende Hand se Laeveld-tak die naweek by Primkopdam uitgespan het. 

WITRIVIER – Die saamtrek Vrydag en Saterdag het ten doel gehad om met ‘n visvang- en braaikompetisie fondse vir Helpende Hand se studiefonds in te samel.


Solidariteit Helpende Hand se studie-fondssentrum administreer tans meer as 240 studiefondse ter waarde van R164 miljoen waarmee hulle dit reeds vir meer as 4 000 behoeftige studente moontlik maak om te kan studeer.

Die naweek se fondse sal verseker dat ‘n behoeftige kind uit die Laeveld ook die geleentheid kry om dit te doen.

LEES OOK: Helpende Hand benodig skenkings vir nuwe winkel

Volgens Elize Visser was hulle baie geseënd.

“Dit was die eerste keer dat ons dit gehou het, en ons sal seker weer,” het sy gesê.

Sy beraam dat hulle sowat R7 000 ingesamel het.

Die visvangkompetisie was baie gewild (lees meer daaroor in die sportafdeling). Slegs drie braaispanne het vir dié kompetisie ingeskryf, maar gelukkig kon elke deelnemende span ‘n prys kry.

SIEN OOK: Sprekers vertel hoe steun hulle gedra het

Die inwoners van Huis Betlehem is ook gedurende die dag getrakteer en almal het heerlik gekuier en die natuur geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button