Local newsNews

Pappas geniet n aand uit saam hulle prinsesse

Die band tussen 'n pa en sy dogter is baie kosbaar. Laerskool Laeveld vier jaarliks hierdie band met hulle pappas-en-prinsesse-aand.

Vanjaar se funksie is Vrydagaand by Mbombela Stadion gehou en het ‘n Italiaanse tema gehad.Beide pa’s en dogters het deftige uitrustings gedra en al die pa’s se harte het geswel van trots soos hulle foto’s saam met hul prinsesse by die fotohoekie geneem het.

Die meisies was ook bedrywig op die dansvloer terwyl hul pa’s rustig van die kantlyne af toegekyk het.
Volgens die skool se woordvoerder, Sonja Holtzhausen, was hierdie funksie deel van die gr. 7-leerders se fondsinsameling.

“Aan die einde van elke jaar gee die gr. 7’s ‘n kontantafkseidsgeskenk aan die skool wat hulle dan gebruik om ander projekte te befonds,” het Holtzhausen gesê.

Volgens haar is hierdie die perfekte geleentheid vir enige pa om sy dogter bietjie te bederf en te wys hoe ‘n man haar op die hande behoort te dra. Vroeër vanjaar het die skool ook ‘n boetkamp gehou waar die band tussen en ma en seun gevier is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button