Local newsNews

Wie weet werklik wat bereik is by Soli Deo Gloria-sorgsentrum?

Op 1 Desember kry inwoners die geleentheid om te kom kyk hoe die destydse Lelievlei sy vere reggeskud het en ontwikkel is in 'n oord waarop sy inwoners trots is

Kom geniet die Soli Ekspo met hope pret en plesier saam met die inwoners en ondersteun tegelykertyd hierdie fondsinsamelingsprojek.
Volgens Gerda Venter, draai die dag om hulle suksesse en groei, die ondersteuning van die gemeenskap en van elders oor die twee jaar van Soli Deo Gloria se bestaan te vier. Mense word aangemoedig om op die terrein te kom uitstal teen ‘n baie billike prys.
Aan vermaak vir die jongklomp gaan daar ook nie ‘n tekort wees nie. Kom neem deel aan boeresport, kompetisies ‘n modeparade en skryf jou dogter en seun in vir die
Mnr. en Mej. Soli-kompetisie.
Springkastele en waterglybane is nie net vir kinders nie – raak ontslae van jou oortollige energie en deel in al die pret. Om in te skryf vir Mnr. en Mej. Soli kan foto’s vir voorafbeoordeling aan Gerda Venter ge-e-pos word: solideo.gloriasorg@gmail.com of skakel haar by 072-402-6595.
Deelnemers kan in drie kategorieë meeding: kleuters, laerskool en hoërskool. Vyf deelnemers per kategorie sal die dag om die titel meeding.
Skakel Venter ook om stalletjies te bespreek. Die ope dag word afgesluit met ‘n ”coolbox”-dans. Pak ‘n koelsak met eetgoed, koeldrank, vrugtesap (geen drank word toegelaat nie) en kom dans die aand om met lekker musiek.
‘n Geringe toegangsfooi sal vir die dag gevra word. Kom deel in die vreugde en ondersteun hierdie positiewe opheffing van afvlerkmense in die gemeenskap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button