Modes help om berge te versit
Die projek is tans betrokke by talle pasiënte in die Laeveld en Pretorius maak 'n groot verskil in hulle lewens deur hulle in staat te stel om chemoterapie te ontvang en ander kostes te dek.
Mev. Mpumalanga 2019-finalis Estie Strydom het die Moving Mountains for Cancer Patients-beweging as haar welwillendheidsprojek vir die jaar gekies.
Sy het onlangs saam met Blue Mouse Creations en eMJay’s Fashions ‘n modeparade by Nutgrove Manor gehou om geld vir die projek in te samel.
Strydom sê Izelle Pretorius van Moving Mountains is ‘n dinamiese vrou wat self kanker oorwin het. Die projek is tans betrokke by talle pasiënte in die Laeveld en Pretorius maak ‘n groot verskil in hulle lewens deur hulle in staat te stel om chemoterapie te ontvang en ander kostes te dek.
Strydom het vir Nut Grove Manor, Bidfoods, A Touch of Glamour, Le Grange Odendaal Photography, Ruby Models, P3 Productions, Cater World, Blue Mouse Creations, eMJay’s en Miladys, wat die aand moontlik gemaak het, bedank vir hulle ondersteuning. Zané Jansen van Rensburg en Jason Lee het vir musikale vermaak gesorg.
“Ons fondsinsameling was ‘n groot sukses en ons bedank ook diegene wat dit bygewoon het of op enige ander manier betrokke was.”
