Laerskool Bergland se eendjies pak die bul by die horings
Dié Mbombela skool bars vanjaar behoorlik uit sy nate.

MBOMBELA – Met 2019 se 144 gr. 1’s wat Woensdag vir hulle eerste skooldag aangemeld het, is Laerskool Bergland se groep leerders die grootste wat dit nog was.
Alles het egter vlot verloop en die parabeens het sommer dadelik rustig aan die werk gespring met witborde en inkleurboeke.
So het hulle ook hul nuwe maats beter leer ken. Leonardo Collins en Tertius de Lange het spoedig ‘n band gesmee om resieskarre waarvan, stem hulle saam, hulle albei sommer baie hou. Ander was gretig om hul prentjies te wys en hul name te skryf.
Hier en daar het penneblikkies van die skoolbanke afgeval, maar die haasbekkies sal vir seker gou-gou dié nuwigheid baasraak. Vir die nuwe Bergies was hulle eerste dag in skooldrag ‘n dawerende sukses.
Sien nog foto’s
SIEN OOK: School lunch box ideas that won’t hinder your wallet
















