LJ Prokureurs atletiek lewer goeie prestasies op
By diebyeenkoms het o/19-sensasie Nhanhla Maseko drie nuwe rekords verbeter.

Die vorige naweek het meer as 2 000 atlete by Hoërskool Rob Ferreira aan verskeie atletiekbyeenkomste deelgeneem.
Vrydag het die gewilde LJ Prokureurs-middag/aandbyeenkoms vir die elfde jaar agtereenvolgend plaasgevind met Ligbron Akademie, Lydenburg, Penryn College, Lowveld High, Bergvlam en Barberton as Rob Ferreira se gaste.
Meer as 900 atlete se inskrywings het vir kookwateratletiek gesorg, en die lekker gees onder die atlete en toeskouers was aansteeklik.
Die Robbies het uitgeblink en gewys hulle is hierdie jaar gerat vir groot prestasies. Hulle het juis vroeër die week ook algeheel vierde by die Bethal Top 15-kompetisie geëindig.
By die LJ Prokureursbyeenkoms het o/19-sensasie Nhanhla Maseko drie nuwe rekords verbeter: die 100 meter in 10,54 sekondes, die 200 meter in 21,80 sekondes en die 400 meter in 48,80 sekondes.
Hy was ook deel van die o/19-aflosspan wat ‘n nuwe rekord van 43,85 sekondes aangeteken het en sy span het die 5 x 100 meter-spoedaflos in ‘n ongelooflike 55,0 sekondes gewen.
Die Robbie-naellopers het almal goeie tye behaal. Onder die seuns o/17 het Vuyo Ndlovu die 100 meter met
10,72 sekondes gewen, terwyl spanmaat Kenneth Mathebula kort op sy hakke was in 10,74 sekondes.








