Bekende kospersoonlikheid stel kookboek bekend in die Laeveld
Marlene van der Westhuizen is eersdags hier.

MBOMBELA – Die bekende Suid-Afrikaanse kospersoonlikheid, Marlene van der Westhuizen met haar boeiende kookprogram, Van Skaapstertjies tot Camembert wat nou weer op die Via-kanaal herhaal word, is aanstaande week in die dorp.
LEES OOK: ‘n Engel kom gesels, sing by Pen in my Hand
Sy stel haar sewende kookboek, Bord bekend. Die bekendstelling is Woensdagaand 3 Maart by Exclusive Books in i’langa Mall. Op Donderdag 4 April kan Laevelders ‘n aand by Orange Restuarant in haar geselskap geniet wanneer daar ook uit haar jongste boek gekook gaan word.

Die plaaslike kosskrywer, Marius Bakkes gaan ook ‘n bietjie met haar gesels oor haar loopbaan en die unieke verband wat sy geskep het uit die tradisionele Suid-Afrikaanse kookkuns en dié van die Franse.
Bespreek jou tafel by Orange by 013-744-9507.
LEES OOK: Pen in my Hand: Birders take flight
