Local newsNews

Debuutproduksies by Innibos laat jou lê van die lag

Nie minder nie as sewe verhoogproduksies debuteer vanjaar by Innibos en daar is behoorlik iets vir elke teaterganger se smaak.

Nie minder nie as sewe verhoogproduksies debuteer vanjaar by Innibos en daar is behoorlik iets vir elke teaterganger se smaak.

Vir die eerste keer word ‘n plek-spesifieke produksie, Be(t)roudag ook aangebied by Christie’s at 32 on Russel.

Nicola Hanekom

Wat hierdie teaterstuk oor ‘n troue in die Laeveld so uniek maak, is dat die gehoor kan kies uit verskillende verhaallyne en dus self bepaal hoe die toneelstuk verloop.

Wilhelm van der Walt

Wat jy hoor sal waarskynlik nie dieselfde wees as die persoon langs jou nie. Jy sal dit dalk ‘n paar keer wil gaan kyk!

Chris van Niekerk

Nagskofkliek, ‘n komiese drama, is Innibos se vlagskip-produksie uit die pen van Fiëstawenner Retief Scholtz en met Albert Pretorius en Melt Sieberhagen in die rolverdeling. Die karakter Hans Gouws is ‘n veiligheidswag wat sy agtste Paasnaweek in ‘n ry aan diens is by We Crate You Up Storage Solutions. Dan – sonder waarskuwing – verskyn Man.

Wat presies Man daar doen (en waarom hy nie wil weggaan nie) weet Hans nie – nóg nie. Al wat hy weet, is dat Man antwoorde soek en hy gaan nêrens tot hy dit gekry het nie.

As daar nou ‘n wannabe-bende is wat eerder ‘n omgee-groep moes wees, is dit die spulletjie in die komedie Aaptwak. Hannes Brümmer is onder andere in die rolverdeling, en die teks is geskryf deur die deurwinterde Chris Vorster.

Nog ‘n lekkerlag-komedie is Koekeloer! wat afspeel tydens die finale ronde van die Koekedoor-kompetisie. Die twee finaliste is ‘n oujongnooi van Koekenaap en ‘n onderklere-model van Ruimsig… en daar is heelwat agterbakse planne in dié bak-en-broustorie. Die legende van Afrikaanse stand-up-komedie, Casper de Vries, smee kragte met die veel jonger lagvennoot Schalk Bezuidenhout in ‘n konsert wat net beskou kan word as ‘n lagtoer van die eerste tot die laaste woord.

‘n Soete verleiding wag op almal wat Die Sjokolade-show met Lizz Meiring en Jak de Priester gaan kyk. Al die heilige en soms onheilige verbintenisse met sjokolade kom aan die bod, en vir die eerste keer hou Jak sy lyf akteur!

Lizz Meiring en Jak de Priester

• Die volledige program vir vanjaar se Innibos, wat van 26 tot 29 Junie plaasvind, is by innibos.co.za beskikbaar en kaartjies is by Computicket en die Innibos-kantoor in Sonpark te koop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button