Witrivier leer Highlanders ‘n rugbyles
Eerskomende Saterdag speel hulle tuis teen Middelburg.
Witrivier se eerste en tweede rugbyspanne het die afgelope naweek deeglik met hulle teenstanders afgereken.
Die eerste span het die Highlanders met 76-3 geklop en die tweede span het met 27-6 geseëvier.
De Wet Boshoff en Marcelino Marais is as die eerste span se agterspelers van die wedstryd aangewys en Pieter “Pietmuis” Prinsloo as die voorspeler. Vir die tweede span is Jozua Joubert as voorspeler en Jaco Meyer as agterspeler aangewys.
Die vorige week het die manne teen Nelspruit Rugbyklub kragte gemeet, met gemengde welslae: Die derde span het met 28-15 gewen, die tweede span met 31-34 verloor en die eerste span ook met 50-21 gewen. Eerskomende Saterdag speel hulle tuis teen Middelburg.

