Viertrekpretdag word op uitsoekroete aangebied
Hamiltonpark het een van die mees uitdagende viertrekroetes in die Laeveld.
Die viertrekroete by Hamiltonpark digby Hazyview is eerskomende Saterdag (18 Mei) dié plek om jou bosbestuursvernuf en voertuig op die proef te stel.
Die pretdag is ten bate van Rustig Ouetehuis asook die DBV op Witrivier. ‘n Minimum van R250 om deel te neem kan by enige van die organisies inbetaal word. Die geleentheid begin om 09:00 en die eerste 50 voertuie wat ingeskryf het en die donasie by die plek van hulle keuse gemaak het, sal op die baan toegelaat word.
Hamiltonpark het een van die mees uitdagende viertrekroetes in die Laeveld, maar is toeganklik vir meeste sagter viertrekvoertuie soos die Freelander en des meer ook. Die baan is ook nie aldag beskikbaar nie en word spesiaal vir die geleentheid voorberei en oopgestel.
Voornemende deelnemers kan hulle besonderhede stuur aan Tienie Snyman by tieniesnyman0@gmail.com of 082-337-6532 of gesels met Retha by 082-502-9584 of Johan Fick by 073-432-8533. Goeie pryse word beloof soos ‘n midweekbespreking vir ses of ‘n naweek vir ses asook gratis toegang tot die gholfbaan vir vier by Krugerpark Lodge. Verdere donasies deur publiek sal ook waardeer ongeag jou teenwoordigheid. Borgskappe word ook waardeer en van die groter ondernemings in die omgewing soos Toyota het reeds ‘n ruim borgskap gegee, sê Snyman.
Die dag behels ook ‘n vertrekvoer-tuiguitstalling.
Die bankbesonderhede vir SAVF Rustig is
Absa 1370710011,
tak 632005
en vir die DBV op Witrivier
FNB, 54281164804, tak 250655
