Sweefvlieëniers pak moeilikste wedvlug ter wêreld
Die resies skop Vrydag in Bethlehem in die Oos-Vrystaat af, waarna vlieëniers al langs die Lesothogrens tot in Clarens - die eindstreep - sal vlieg.
Twee bekende Laevelders, Eugene Cussons en Francois Theron vertrek vandag om deel te neem aan die moeilikste lugvaartwedvulg vir aangedrewe valskermsweeftuie ter wêreld, die Icarus X.
Theron sal vir die tweede en Cussons vir die derde keer poog om tydens die vlug van 400 km by vier onbekende punte binne ‘n gegewe tyd te land en in te teken.
Die Icarus lok jaarliks van die wêreld se voorste vlieëniers, met onder andere lede van spesmagte en vegvlieëniers wat names hul magte, lande of vir persoonlike gewin, sukses wil behaal.

“Die ondervinding is uniek en is ’n aanwins vir enige vastevlerkvlieënier omdat dit kennis van weer, winde, vliegwiskude en navigasie uitbrei,” vertel Cussons, ‘n ervare vlieënier, skrywer, televisiepersoonlikheid en uitvoerende direkteur van Chimp Eden.
Theron vertel dat die Icarus die mees haalbare manier is om sy droom as kind te verwesenlik: om soos Superman te kan vlieg. “Ek sien uit na die natuurskoon en om my droom om langs die Drakensberge te vlieg, te bewaarheid,” vertel hy.
LEES OOK: Two accidents at one of Kruger National Park’s gates
Hy gaan poog om vanjaar se resies vir die eerste keer sukesvol te voltooi. Cussons se geval is egter heel anders. Hy het verlede jaar in beide die Icarus en Icarus X tweede plek behaal en mik vanjaar vir eerste plek.
“Om dit te vermag moet ek bereid wees om tot ses-uur-skofte te vlieg,” vertel hy.
Hy skryf sy tweede plek toe aan verkeerde besluite en hoop dat verbetering hierop en sy vaartuig – die Nirvana F200 wat so min as 20 kg weeg, met uitstekende brandstofverbruik – hom ‘n eerste plek sal besorg.

Koue temperature, bergagtigheid en hoogtes van tot 9 000 voet, staar vlieëniers in die gesig. So min as drie uit die 29 deelnemers voltooi gewoonlik die wedvlug en dus is voorbereiding in die vorm van aanhoudende opstygings en landings, asook honderde vlugure van kardinale belang om meer bevoegde besluite te kan neem.
LEES OOK: Moms are the music that makes our lives sing
Tydens die vlug mag die vlieënier geen hulp van familie of vriende ontvang nie, wat beteken dat hy sy eie kos, water en gereedskap moet pak om in die veld te slaap. Omdat die resies so kompeterend is, land die vlieëniers gewoonlik by vulstasies en moet hulle op dieselfde plek met hul motoraangedrewe sweeftuie opstyg.
Die resies skop Vrydag in Bethlehem in die Oos-Vrystaat af, waarna vlieëniers al langs die Lesothogrens tot in Clarens – die eindstreep – sal vlieg.
