Local newsNews

#NelspruitEisteddfod40: KYK: Vanjaar se Afrikaans-deelnemers is skerp gebek

So 'n bek moet jêm kry - dit was beslis die geval vir die skerpbekkige deelnemers aan die Afrikaanse afdeling van die Nelspruit Eisteddfod wat verlede week plaasgevind het.

MBOMBELA – Die deelnemers het gewys dat hulle goed gekonfyt is in items soos poësie, gedramatiseerde prosa, redenaars en improvisasie, om net ‘n paar te noem.

Issie Venter, wat Dinsdag die seniors beoordeel het, het gesê sy haal veral haar hoed af vir dié wat deelneem in hul tweede of self derde taal. Sy het deelnemers aangemoedig om stukke te kies wat toepaslik is vir hulle.

LEES OOK: WATCH: #NelspruitEisteddfod40 kicks off with English Drama and Speech

“Vir ‘n hoër ouderdom, is dit beter om iets meer uitdagend te kies.”

Die juniors se beoordelaar, Claudette Theunissen, het met Venter saamgestem toe sy Dinsdag die gr. 3’s beoordeel het.

LEES OOK: #NelspruitEisteddfod40: KYK – Groot verskeidenheid in dansafdeling

“Kyk watter stuk pas by jou kind en wat hulle in staat is om te doen, maar maak seker dat jy hulle nog steeds bietjie uitdaag.” Sy het bygevoeg dat deelnemers moet let op artikulasie, asemhaling en tempo.

Beide beoordelaars het egter saamgestem dat die standaard baie hoog is, en dat hulle kan sien hoeveel die deelnemers hulself op die verhoog geniet.

Die vokale afdeling van die eisteddfod vind hierdie week plaas en eindig Vrydag op ‘n hoë noot wanneer die Laeveld se beste kore teen mekaar meeding.

Kunsteliefhebbers kan ook uitsien na die eisteddfod se 40 jaar gala-aand wat op 19 September gaan plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button