Local newsNews

Die lang arm van die wet haal motor inbraak sindikaat in

In die voertuig het die polisie op verskeie items, soos skroewedraaiers en skerpgemaakte Allen-sleutels afgekom wat gebruik is om in voertuie in te breek.

‘n Bende wat die afgelope 12 maande ‘n skrikbewind in die Laeveld gevoer het deur by voertuie in te breek, se doppie is geklink toe die lang arm van die gereg hulle verlede week vasgetrek het. Die bende van drie het veral op voertuie in Mbombela, Witrivier, Graskop, Sabie en Barberton gefokus.

Hulle het baie versigtig te werk gegaan en het nooit voertuie probeer steel nie, maar slegs oopgebreek en waardevolle items daaruit gebuit. Die polisie kon die verdagtes eenvoudig net nie vastrek nie, ten spyte daarvan dat hulle op verskeie misdaadtonele vingerafdrukke gelig het.

Die eerste deurbraak was sowat drie maande gelede, danksy inligting vanaf ‘n gemeenskapveiligheidsgroepering. Dit is toe dat die polisie kon vasstel hoe die bende na elke inbraak hul spore kon doodvee. Hulle het gewoonlik ‘n voertuig by ‘n onderneming by die KMI Airport gehuur om die misdaad mee te pleeg.

Die bende ledes het in die hof verskyn.

LEES OOK: Over 400 burglaries reported in Mbombela this year alone

Nelspruit Post het vasgestel dat die bende die gehuurde voertuie meestal dieselfde dag weer ingehandig het, net om ‘n paar dae later weer een te huur en dan op ander plekke in die Laeveld toe te slaan. Volgens inligting het die bende hul teikens baie versigtig gekies en gefokus op “sagte” teikens.

So het hulle byvoorbeeld in een geval in Steiltes toegeslaan en ‘n fiets wat agterop ‘n voertuig was, gesteel. Drie maande gelede het die polisie ‘n taakspan geaktiveer om op hulle te konsentreer. Hulle is vir die tydperk dopgehou om die presiese modus operandi vas te stel en ook genoeg bewyse bymekaar te maak.

LEES OOK: Skop jou skoene uit by Die Lapa gedurende vanjaar se Great Nelspruit Post Pub Crawl

Die bende is vir ‘n tydjie deur die taakspan dopgehou.

Verlede Donderdagoggend het die bende oudergewoonte ‘n voertuig gaan huur. Terwyl hulle besig was om in die Riversideomgewing rond te ry opsoek na ‘n teiken, is hulle naby ‘n bandeonderneming voorgekeer en in hegtenis geneem.

In die voertuig het die polisie op verskeie items, soos skroewedraaiers en skerpgemaakte Allen-sleutels afgekom wat gebruik is om in voertuie in te breek. Daar is intussen ook vasgestel dat daar twee lasbriewe vir een van die verdagtes se inhegtenisneming is, en hy is boonop ook verhoorafwagtend op ‘n derde saak vir ‘n besigheidsroof.

Twee van die bende-lede, William Moimane (29) en Sizwe Mthimkhulu (26) het reeds vlugtig in die hof verskyn. Die derde sal skynbaar eers later aangekla word. Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek tot 17 September. Hulle sal dan na verwagting aansoek doen om borg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button