Hard newsLocal newsNews

Egpaar sterk aan na kaping

Karin Cronjé en haar man Nick het alle vertroue in die regstelsel verloor nadat Nick naby Doornkraal gekaap is.

MBOMBELA – Nick was in Februarie 2017 as trokdrywer gekaap. Laevelder het destyds berig hoe Nick besig was met sy laaste aflewering vir die dag, toe ‘n rooi Toyota Tazz voor hom intrek.

“Ek kan onthou ek het gevoel iets was verkeerd toe hulle die eerste skoot geskiet het. Ek het nog in die trok gesit toe ek beheer oor my bene verloor het en my voet op die petrol val. Daarom dat ek in die rooi kar vasgery het.”

ALSO READ: Wanneer ‘n handeling op afpersing neerkom

Daarna het die beweerde kapers Nick nog twee maal geskiet. Die laaste skoot is in sy knieg toegedien. “Die ou het reg voor my kom staan en my in die oë gekyk toe hy die skoot afgevuur het. Hulle wou doodseker maak ek kan nie weer die trok bestuur nie.”

Nick is na Mediclinic Nelspruit gehaas en is die volgende dag na Millpark Hospitaal in Johannesburg oorgeplaas. Hier was hy vir lank in die intensiewe- sorgeenheid en is later na ‘n nabygeleë Netcare-hospitaal vir rehabilitasie.

“Ons was drie maande lank daar en niemand het ‘n verklaring by my kom afneem nie,” sê Nick. Intussen, is die Cronjé’s se hele lewe omgedraai.

Na die voorval is Nick van sy naeltjie af ondertoe verlam en aan ‘n rolstoel vasgeketting.

Hy moes ‘n stoma-operasie ontvang omdat hy beheer oor sy uitskeidingsisteem verloor het. Gedurende die operasie het hy ‘n hartaanval gekry en ook septisemie in die hospitaal opgedoen.

In April vanjaar het Nick weer ‘n hartaanval gehad en sy familie is bekommerd oor sy gesondheid.

ALSO READ: A family man from the two-wheeled brotherhood

Tot op datum is nog niemand in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Teen druktyd het die provinsiale polisiewoordvoerder,

brig. Leonard Hlati, nog nie op die koerant se navrae oor die saak gereageer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button