Local newsNews

Erns raak ernstig tydens boekloods

Nie eens "dawerende kultuurverskille" kon oud-joernalis en skrywer Erns Grundling onderkry tydens sy staptoer deur Japan nie.

Grundling het Donderdagaand sy nuwe boek, Sushi en Shosholoza, by Orange Restaurant bekendgestel. Tydens dié geleentheid het hy staaltjies van sy staptog gedeel, en die gehoor het geleentheid gehad om vrae aan hom te stel.

Met sy kenmerkende droë humor het hy vertel hoe hy eintlik so ‘n bietjie onfiks was, en die bergreekse in die omgewing heeltemal onderskat het.

“Gelukkig was dit onmoontlik om die hele tyd die kamera te laat rol, en sodra ons genoeg footage gehad het, het ons dit afgesit en kon elkeen rustig op sy eie pas aanstap.”

‘n Oomblik wat vir Grundling uitgestaan het, is die feit dat alles so in plek geval het toe hulle Mount Fuji, die hoogste berg in Japan, wou gaan uitklim het.

LEES OOK: Albé vier dekade van tweede lewe

“Die oorspronklike dag wat ons sou gaan was die weer baie sleg. Ons moes die besoek uitstel en was baie teleurgesteld.”

Skaars ‘n dag of twee later het die gids hulle egter laat weet dat hulle die daaropvolgende Maandag sou kon gaan.

“Dit was die perfekte dag. En wat ‘n voorreg om dit te kon doen! Dit is natuurlik ondanks my onfiksheid en seer kop as gevolg van die dun lug daar bo.”

Volgens Grundling was dit iets wat hy altyd sal koester; om daar op die mitiese en legendariese berg te staan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Lande Willemse

Landé Willemse is a multiple-award-winning journalist and editor with more than two decades of experience across print, digital, and broadcast media. Her work, which includes photography, spans investigative reporting, sport, agriculture, tourism, political and community news, with bylines across several respected South African publications.
Back to top button