Nellies skitter by Kuns onder die Sterre
Dié geleentheid het oor die afgelope vyf jaar 'n instelling geword en die doel is om kultuur en kreatiwiteit te bevorder.
Laerskool Nelspruit het hul jaarlikse Kuns onder die Sterre-geleentheid onlangs gehou.
Die graadsewes kon inskryf om aan ‘n modeparade deel te neem en hierdie jaar se tema was “Junk to Funk with a Touch of Nature”. Daar was altesaam 52 deelnemers, elkeen met sy eie vertolking van die tema – van koerantpapier-uitrustings tot skyfiepakkies.
LEES OOK: Hande help Pro Gratia se leerlinge met terapie

Danel Liebenberg het aan Laevelder vertel:
“Dit is ‘n hoogtepunt vir baie en ‘n geleentheid waar ons kon sien hoe leerders se kreatiwiteit en selfvertroue vlerke kry. Dit vat darem baie waagmoed om op ‘n loopplank voor ‘n groot gehoor te verskyn! Dit was ook vir ons ‘n hoogtepunt om hierdie jaar 15 seuns as deel van die modeparade te kon hê – en hulle het self ingeskryf. Dit wil gedoen wees!”
Ouers kon ook al die kunswerke van die leerders geniet. Elke jaargroep en individuele klasse het hul eie tema gehad wat hulle moes uitbeeld.
LEES OOK: Gewone kinderlewe wink vir klein babbelbekkie

