Local newsNews

NHS klas van 50 jaar gelede, besoek skool

Vir sommige van die oud-Nellies was dit hulle eerste terugkeer na hulle 50 jaar gelede hul alma mater verlaat het.

Die Nellie-klas van 1969 het Saterdag tydens hulle 50 jaar reünie besoek. Vir sommige van die oud-Nellies was dit hulle eerste terugkeer na hulle 50 jaar gelede hul alma mater verlaat het. Die groep het ook nie met leë hande opgedaag nie. Hulle het ‘n pragtige inheemse boom aan die skool geskenk en dit sommer geplant ook.

Lees ook: NHS pluk die vrugte van ‘n jaar se swoeg en sweet

Tydens die besoek is hulle vriendelik verwelkom deur Johan Hattingh (hoof) en is op hoogte gebring van die Nellies se wel en weë.

Benda Mathey en Lentsa Matau het hulle op ‘n toer deur die skool geneem waar hulle nie net die geleentheid gekry het om die pragtige nuwe fasiliteite te besigtig nie, maar ook hul soete herinneringe kon herleef.

Dit is vir NHS verblydend om oud-Nellies vir toere by die skool terug te ontvang. Dit is dan ook met trots dat Hoërskool Nelspruit kan sê dat die oud leerlinge se tradisies in stand gehou en voortgesit word.

Oud-Nellies word vriendelike uitgenooi om te registreer op nellies.alumnet.co.za en deel te word van die NHS-gemeenskap. Op hierdie platform kan jy foto’s en staaltjies deel, klasmaats vind en reünie-datums plaas.

Hier is ook nog ‘n gulde geleentheid om ‘n verskil by NHS te maak. Raak betrokke by die Palmdraerstrust-aftrekorderprojek vir volgehoue gehalte onderwys. Hierdie projek dra daartoe by dat die skool steeds op ‘n hoë vlak geleenthede kan skep op akademiese sowel as buitemuurse terreine.

Die aftrekorder-model behels dat u ‘n keuse kan uitoefen om ‘n maandelikse bedrag van so min as R100 aan hierdie verdienstelike saak te bewillig. Kontak jcronje@nelliesh.co.za vir meer besonderhede.

“Dit is vir ons ‘n voorreg om u as lojale vriend en ondersteuner van Hoërskool Nelspruit te ken. U oop hand is vir ons ‘n riem onder die hart,” het Cronje gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button