80s Partytjie sorg vir baie nostalgie
Die feeshuis in die vallei het onlangs weerklink met musiek uit die tagtigerjare.
Dié geleentheid is al sedert die begin van jaar haarfyn beplan deur Susan Pretorius. Die organiseerders het een ding in gedagte gehad – ‘n lekker aand van saamkuier, dans en baie lag in die era waarin hulle grootgeword het.
Lees meer: Plaashuis groet die nuwejaar in Mosambiekse styl
Baie van diegene wat die partyjie bygewoon het, het ook besluit om volgens die tema aan te trek. Dit het gevoel of mens die 80’s-era weer beleef.
Daar is lekker gebraai, saamgekuier en gejol. Vir partytjiegangers wat wou oorslaap, was daar kampplek, karavane en tente beskikbaar. Platejoggie, DJ KP, het bekende en gewilde liedjies uit die tagtigs opgedien wat gesorg het vir nostalgiese herinneringe.
