Innibos Digitaal – jy sit in die voorste gestoeltes!
Geniet van die beste musiekteaterproduksies en toneelproduksies in jou eie sitkamer hierdie naweek saam met Innibos Digitaal. Die lekkerste is dat jy verseker is van die beste sitplek!

Innibos Digitaal skop die komende naweek af en jy is verseker van die beste sitplek, maak nie saak waar in die wêreld jy jou bevind nie! Beleef die beste feeskonserte – daar die drie om uit te kies!
Stef Bos is te sien in Bos innie Bos, ’n vertoning wat met ’n Fiësta bekroon is. Die tydloosheid van Koos du Plessis se musiek en liriek in Doep is nie dood nie met Jannie du Toit Susan Mouton en Chanie Jonker sal jou lank bybly.

Die formidabele sangers Jannie Moolman en Kevin Leo bring met hul vertoning Crooners ou bekendes soos Dean Martin, Bing Crosby, Nat King Cole en Frank Sinatra tot binne jou voorhuis.

’n Eerste in die Afrikaanse toneelbedryf is die digitale debuut van Leengoed tydens Innibos Digitaal wat hierdie naweek afskop. Die geliefde akteur Tobie Cronjé is saam met Wynand von Vollenstee te sien in hierdie die tragikomedie. Moet dit nie misloop nie!
LEES OOK: Feesvieringe saam met Innibos innihuis
Chris Vorster lewer ook ’n uitsonderlike solo-vertoning in Die hart verklap wat vroeër tydens die Woordfees te sien was, terwyl hy meer komiese skoene aantrek in die komedie Manne saam met onder andere Hannes Brümmer. Dié stuk is snaaks, slim en met ’n onverwagte kinkel of drie!

Simon Bruinders bring Rainbow nation – ’n comic relief vir swaar tye na die fees, en in Die narre werklikheid onder regie van Albert Maritz sal jy lag én huil. Voorts is daar Annale van ’n windgat, Johny Klein vertel heerlike kontreistories in Pomporrelkonsert, en Elsabé Daneel en Wilken Calitz tower gedigte en musiek op in Rasende Ryme.

Die volledige program is op innibos.co.za/innibosdigitaal.
