Local newsNews

Mbombela-kleuterskool skitter tydens eerste dag van heropening

Kabouterland Kleuterskool is onlangs ontsmet deur Skitterblink Laeveld, dieselfde maatskappy wat betrokke was met die ontsmetting van die vliegtuig wat 122 Suid-Afrikaners vanaf Wuhan, China, vervoer het.

MBOMBELA – Kabouterland Kleuterskool het Maandag 13 Julie weer sy deure oopgemaak om die kleuters en peuters welkom te heet.

Dié skooltjie is die week voor die tyd ontsmet deur Skitterblink Laeveld, dieselfde maatskappy wat betrokke was met die ontsmetting van die vliegtuig wat 122 Suid-Afrikaners vanaf Wuhan, China, vervoer het.

“Skitterblink het ons as skool gekies en hulle dienste kostevry gelewer,” het Reza Coetzee van Kabouterland vertel. “Dit is een van die beste ontsmettingsmaatskappye en ons voel geëerd dat hulle ons gekies het uit die Mpumalanga-streek.”

LEES OOK: Laaste Liewe Heksie-storie deel van Innibos Digitaal

Coetzee vertel verder dat Kabouterland een van die eerste kleuterskole is wat deur die departemente van gesondheid, sosiale ontwikkeling, asook die Onderwysdepartement besoek is.

“Ons kan met trots sê dat ons een van die eerste skole is wat alle regulasies en riglyne tydens hul besoek nagekom het.”

Kabouterland het addisionele moeite gedoen en Rentokil en Karcher versoek vir verdere ontsmetting en diep skoonmaak van alle klaskamers en die speelterrein. Die skool kan met ‘n geruste hart alle kleuters verwelkom.

“Ons is oop vir 2021- registrasies,” sluit Coetzee af.

Skakel die hoof, Cezanne Laufs, of die onderhoof, Jennifer Grobler by 079-970-5339 of 013-744-91433 met betrekking tot inskrywings.

LEES OOK: Witrivier groet sy ‘lelie van die veld’

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button