Local newsNews
Kim Kerswill-saak weer uitgestel
Volgens bewerings was Smith onder die invloed van drank tydens die ongeluk.

Lance Martin Smith (20) het vandag in die Nelspruit Landdroshof verskyn in verband met die ongeluk wat Kim Kerswill (19) se lewe op Desember 16, 2019 geëis het.

Smith het na bewering die voertuig waarin hy en Kerswill gery het, omstreeks middernag teen ‘n hoë spoed in ‘n vragmotor by die Samora Machel R40-kruising vasgery. LEES OOK : Kim Kerswill-verdagte maak eerste verskyning Volgens bewerings was Smith onder die invloed van drank tydens die ongeluk. Hy is van strafbare manslag aangekla en het al verskeie kere in die hof verskyn. Die saak is tot Oktober 14 uitgestel.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
