Local newsNews
Pastoor se familie vra vir gebede na ongeluk met kwadfiets
Cyzelle Fincham word in Mediclinic Nelspruit behandel.

Die familie van pastoor Cyzelle Fincham van die Grace Family Fellowship in Nelspruit het gevra dat die gemeenskap vir haar sal bid nadat sy gister in ‘n ernstige ongeluk met ‘n kwadfiets was.
Pastoor Wernich, fasiliteer van die Nelspruit/Mbombela Leraarskring, het in ‘n WhatsApp-boodskap gevra dat die gemeenskap sal bid vir Cyzelle, haar man, Kelvin, en hulle drie kinders.

Robyn Baard, woordvoerder van Mediclinic, het bevestig dat Cyzelle in die hospitaal behandel word en dat sy vanaand ‘n operasie sal ondergaan. Haar toestand is stabiel.
LEES OOK: Kim Kerswill-saak weer uitgestel
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
