Cyzelle sterk op pad na herstel
Die pad na herstel lyk goed vir Cyzelle Fincham nadat sy onlangs in 'n ernstige ongeluk met 'n veldvoertuig was.

Kelvin, haar man, het vertel dat sy die afgelope tyd goed vordering gemaak het.
“Cyzelle het Dinsdag toe ek daar was weer ‘n bietjie begin eet en selfs ‘n koppie tee gedrink,” het hy gesê.
Sy is Dinsdagmiddag vanaf die intensiewesorgeenheid na ‘n gewone saal geskuif, wat ook verder dui op haar herstelproses. Daar lê egter nog ‘n lang pad vir die Finchams voor.
“As gevolg van die erge breek in haar bekken, gaan sy amper van voor af weer moet leer om te loop,” sê Kelvin.
Hy hou steeds styf vas aan sy geloof en vertrou dat Cyzelle vinnig en volledig sal herstel.
Daar is ‘n bankrekening oop-gemaak om te help geld insamel vir haar mediese onkostes. Die besonderhede van die Capitec-rekening is; takkode: 470010 en rekeningnommer: 1693254725.
LEES OOK: Geloof, hoop dra klein MJ se ouers deur sy siekte
