Local newsNews

Bydrae gevra vir Cyzelle se pad na herstel

'n Fondsinsamelings-geleentheid word op Vrydag 2 Oktober by Kwanyoni Lodge ten bate van Cyzelle Fincham gehou.

Dié inisiatief is geloods om Cyzelle se mediese onkostes ná die veldvoertuigongeluk te dek.

Die geleentheid sluit ‘n driegangmaaltyd en ‘n optrede deur Anton Botha in. Kaartjies kos R200 elk en daar gaan ook lootjies verkoop word met die kans om fantastiese pryse te wen.

Daar is ook wegbreke wat opgeveil gaan word, onder andere ‘n naweek in die Sabi Sands Natuurreservaat vir vier persone by ‘n verblyfoord langs die rivier.

LEES OOK: Die Parmantige Samaritane se kuier in Barberton is ‘n besoek met ‘n doel

Beperkte kaartjies is by Rooikat beskikbaar, so maak seker om vooraf te bespreek.

Volgens Kelvin, Cyzelle se man, gaan dit goed met haar en is sy weer by die huis.

“Sy sterk elke dag goed aan,” het hy vertel.

“Die dokters het vroeër die week al die velwonde op haar ams, skouers en rug oopgemaak en dit het mooi herstel. Hulle het ook Maandag ‘n sonar gedoen en gesien dat haar ribbes en longe goed herstel, en die besluit is gemaak om haar huis toe te laat kom.

“Sy begin treë gee en loop met haar loopring, so sy vorder ook goed daarmee.”

LEES OOK: Laeveldse rugbylegende oorlede

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button