Local newsNews

Die Parmantige Samaritane se kuier in Barberton is ‘n besoek met ‘n doel

Die groep was hartlik verwelkom deur André Els van Barberton Adventures, wie haar dank teenoor hul pogings uitgespreek het vir hulle ondersteuning.

Die Parmantige Samaritane is ‘n groep mense wat hulle nie laat afskrik deur die Covid-19-pandemie nie. Hulle is verlede naweek bergop en het hul besoek na ‘n kuier met ‘n verskil verander.

Volgens Deon Steyn het hy byna vyf jaar gelede op die dorp gekuier en toevallig begin gesels met oud-argeoloog, Roelf le Roux.

Die besoekers is douvoordag al op die berge.

LEES OOK: Hoërskool Rob Ferreira-leerlinge vaar goed by kunskompetisie

“Roelf was ‘n argeoloog by Fairview-myn en ons het gepraat oor die behoeftes wat baie inwoners ervaar,” het Steyn verduidelik.

Daarna het die span besluit om jaarliks ‘n besoek na Barberton te onderneem om onder meer die beeldskone natuur en berge van naby te besigtig en om fondse in te samel om minderbevoorregtes te ondersteun waar hulle kan.

Jacques Strüwig,Jan van Gerve en Deon Steyn.

LEES OOK: Laeveldse rugbylegende oorlede

“Vanjaar het die Mev. Middelburg 2019, en die huidige Mev. Nkangala, sowel as die top-14-finaliste vir 2012 se Mev. Mpumalanga-top, Jo-landri Coetzee en Mantoiné van Biljon, ons baie bekwaam gehelp,” het Steyn bygevoeg.

Die Parmantige Samaritane bestaan uit Deon Steyn, Jan van Gerve, Lourens Blignaut, Jacques Strüwig en Frik Boshoff, wat elke jaar hierdie reis aanpak om ‘n verskil in ander se lewens te maak.

Cassie en Deon Steyn.

LEES OOK: Laeveldse rugbylegende oorlede

“Ons is ‘n liefdadigheidsorganisasie wat fondse, asook klere, nie-bederfbare kosse en sanitêre ware insamel vir die jong meisies wie se ouers dit nie kan bekostig nie. “

Jo-landri skakel met ons en die geld word dan in haar rekening oorbetaal. Dit word dan versprei na families waar die behoefte groot is.”

Lourens Blignaut.

LEES OOK: Vyf Hoërskool Rob Ferreira-leerlinge haal nasionale redenaarskompetisie

Volgens Steyn bied die dorp ‘n aanloklikheid aan besoekers en om te kan teruggee terwyl hulle die beeldskone natuur aanskou, is vir hulle genoeg rede om weer in die pad te val en gou weer te kuier.

“Tydens hierdie besoek het ons op die berg by Fairview gestap en ook ‘n besoek by Eurekastad afgelê. Ons beoog om elke jaar hier te kuier en die talle toeriste-aantreklikhede te besoek,” het hy afgesluit.

Die groep is vroegoggend op berge toe.

LEES OOK: Cyzelle sterk op pad na herstel

Die groep was hartlik verwelkom deur André Els van Barberton Adventures, wie haar dank teenoor hul pogings uitgespreek het vir hulle ondersteuning vir minderbevoorregtes in die Barberton-gemeenskap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button