Local newsNews

Helpende Hand werf 40 000 ondersteuners

Die welsyns-organisasie, Solidariteit Helpende Hand se ondersteunersgetalle het te midde van die Covid-19-pandemie die 40 000-kerf verbygesteek.

Volgens Hannes Noëth, Helpende Hand se uitvoerende direkteur, is dit nie sommer ‘n gewone mylpaal nie, maar een van hoop.

“Die pandemie mag ons dalk onkant betrap het, maar dit het ook ons krag openbaar. Mense moet besef dat ons hierdie mylpaal gehaal en verbygesteek het in ‘n tyd van Covid-19, ‘n tyd van krisis, van uitdagings en beproewing.

“Ons sien hoe mense in hierdie tyd na mekaar uitreik en omsien. Mense verbind hulself aan ‘n organisasie wat hom wy aan gestruktureerde, volhoubare armoedeverligting en die verbreking en voorkoming van armoede,” sê Noëth.

Hy voeg by dat Helpende Hand se groei – te midde van die ekonomiese uitdagings wat die inperking meebring – daarop dui dat ondersteuners die organisasie raak-sien as ‘n betroubare pilaar van hoop.

Hulle beskou dit ook as ‘n sterk gemeenskaps-instelling wat ander help om kulturele, fisiese en geestelike armoede die hoof te bied deur maatskaplike dienste, gemeenskapsontwikkeling en opleiding te bied.

LEES OOK: Laeveldse rugbylegende oorlede

“Vir ons is die mylpaal van 40 000 nie ‘n getal nie. Dit is name; dit is mense wat deel is van ons familie en dit is ‘n ondersteuners-basis. Dit is ‘n groep mense wat beskerm en omgee; wat kies om deel van ander se lewens te wees.

“Vir elkeen van daardie ondersteuners sê ons dankie dat julle deel is van ons familie en ons nooi ander om ook deel te word van Helpende Hand se netwerk van ondersteuning, toevou en omgee vir mekaar.”

Die organisasie maak dit nou ook makliker vir nuwe ondersteuners om dadelik aan te sluit deurdat die huidige, tydrowende proses vervang is met ‘n aanlyn-aansoekvorm.

Die nuwe proses staan bekend as Helpende Hand se e-mandaat. Dit stel ondersteuners in staat om dadelik en in die gemak van hul huise deel van dié familie te word. Niemand hoef ‘n oproep te maak of teruggeskakel te word nie.

Ondersteuners kan self kies hoeveel hulle eenmalig of maandeliks wil bydra. Hulle kan ook vir ‘n Artikel 18 A-belastingsertifikaat aansoek doen.

Vir meer inligting of om deel van Helpende Hand te word, besoek www.helpendehand.co.za.

LEES OOK: Hoërskool Rob Ferreira-leerlinge vaar goed by kunskompetisie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button