Local newsNews

Geldinsameling vir Cyzelle ‘n reuse-sukses

'n Fondsinsamelingsgeleentheid is verlede Vrydag by Kwanyoni Lodge gehou om tot Cyzelle Fincham se mediese uitgawes by te dra. Daar is ook lootjies verkoop en gaste kon groot pryse wen.

Cyzelle was onlangs in ‘n ernstige ongeluk met ‘n veldvoertuig. Haar man, Kelvin, sê hoewel die finale syfers nog nie bymekaar getel is nie, was die geleentheid ‘n reusesukses.

“Al die kaartjies was uitverkoop en ons is ongelooflik dankbaar teenoor die gemeenskap van Mbombela wat ons deurentyd ondersteun het met finansiële bydraes, oproepe, boodskappe en gebede.

“Dit gaan baie goed met Cyzelle en sy is hierdie week finaal deur haar dokters in Pretoria ondersoek en sal voortaan in Mbombela behandel word,” sê hy.

Daar is ‘n bankrekening oopgemaak om te help geld insamel vir haar mediese onkostes. Die besonderhede van die Capitec-rekening is; takkode: 470010 en rekeningnommer: 1693254725.

LEES OOK: Wêreld-onderwysersdag: Oud-Nellie Wessel Pretorius dra ‘n lofgedig op

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button