Local newsNews

Dogtertjie van Malalane skenk dierekos aan Barberton DBV vir haar verjaarsdag

'n Dogtertjie met 'n hart van goud het onlangs in stede van geskenke vir haar 10de verjaarsdag, vir die gemeenskap gevra om hond- en katkos aan die Barberton DBV te skenk.

Logan Norris van Malalane het ‘n groot liefde vir diere en het op 20 September haar verjaarsdag gevier.

“Nadat sy ‘n plakkaat van Barberton DBV by die plaaslike veearts in Malalane gesien het, het sy met my meegedeel dat sy kos wil insamel vir die organisasie se honde en katte en op dié manier haar dag ekstra spesiaal maak,” vertaal haar ma, Marcelle.

Die gemeenskap se hulp is ingeroep met die versoek om Logan se wens waar te maak: dierekos is ingesamel en het hierdie spesiale dogtertjie op Saterdag 19 September saam met haar familie deurgery na die Barberton-hondehokke om die vrag af te lewer.

Die DBV was oneindig dankbaar vir die wonderlike skenking – daar was nog net een sak hondekos in die stoor. Die komitee het Logan en haar gesin trakteer op lekkernye en aan haar geskenkies en oorkondes oorhandig.

LEES OOK: Wêreld-onderwysersdag: Oud-Nellie Wessel Pretorius dra ‘n lofgedig op

Sy en haar broer het nie die kans laat verbygaan om met die diere kennis te maak nie, en veral die talle klein hondjies was ‘n groot trekpleister. Logan daag ander kinders uit om ook soos sy uit te reik na behoeftige diere en hul plaaslike DBV te ondersteun.

“Ons is trots op Logan dat sy reeds op ‘n jong ouderdom die nood daarbuite raakgesien het en besluit het om uit te reik en te help. Sy is ‘n voorbeeld en ‘n aanwins vir enige gemeenskap,” het die Barberton DBV vertel.

LEES OOK: Bydrae gevra vir Cyzelle se pad na herstel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button